Geskiedenis

Daeraad Pre-Primêr het sy deure in 1975 geopen en vir die afgelope 42 jaar het ons generasies grootgemaak met sorg en toewyding.

Ons Pre-Primêr is geleë op ‘n ruim 8020m² stuk grond in Fishers Hill, Primrose.

Daeraad Pre-Primêr is ‘n nie-winsgewende Christelike skool waar onderrig in Afrikaans en Engels aangebied word.

Die Raad van Direkteure wat die skool se bestuur behartig, bestaan uit toegewyde personeel en ouers wat sorg dat hul belange by ons skool, net die beste aandag geniet.