Huur van Saal / Speelgronde

Laai die besprekingsvorm / kontrak hier af

Huur van SAAL

Deposito:  R1 100.00 (deposito is terug betaalbaar na ’n maksimum van 30 dae na die funksie.

Huur :  R1 980.00 wanneer beskikbaar.

Na 24h00 (middernag) sal ‘n ekstra fooi gehef word.

Die Saal moet ten volle opgeruim wees ingeval van ander funksie die volgende dag. As die saal in ‘n baie vuil toestand agtergelaat word, sal ‘n bedrag van die deposito afgetrek word om die skoonmaker te betaal.

Die gronde is verbode as u slegs die saal huur.

Ons het beskikbaar in die Saal:

21 tafels x  6 tot 8 persone per tafel (+- 168 persone)

Skool het 300 stoele – kan tot 350 inpas.

Huurders kan stoof, tafels en stoele gebruik, maar geen ander apparaat of toerusting nie.  Moet eie toiletpapier, seep, handdoeke, muurproppe ens. voorsien.

GEEN Prestic mag op die mure en deure gesit word nie!!

 

Huur van GRONDE

Deposito:  R550 

Huur:  Bevestig by skool die bedrag en datum vir beskikbaarheid.

Slegs die huur van gronde vir kinderpartytjies.

Dit sluit in 1 Sandput (Bring eie sandspeelgoed)

Fietsiebaan: Bring eie wielspeelgoed.

Muurproppe is aangebring buite by DB-Bord by elke Blok vir bv. Springkasteel.

Toilette langs Vissieklas word gebruik of saaltoilette.

Die Saalkombuis is ook beskikbaar.

Dit sluit geen gebruik van die Saal in nie. (U mag net die toilette en kombuisie gebruik).

Onder geen omstandighede mag u die diere van die skool jaag/bang of seermaak nie!